Professionele Rekenmeesters

Finansiële Bestuursdienste

Kruger & Kie – ons gee om vir al u sake

Kruger & Kie Professionele Rekenmeesters (SA)

“A good financial plan is a road map that shows us exactly how the choices we make today will affect our future”

– Alexa Von Tobel

Kruger & Kie praktiseer al sedert 1983 in Randburg as ‘n ouditeurs- en rekenmeerstersfirma en het al gegroei tot ʼn onderneming met meer as 20 werknemers.

Kruger & Kie bestaan ‘n geregistreerde SAIPA-, sowel as CIMA praktyk.  Ons kantoor is ook geregistreer as opleidingsentrums vir beide.

Ons kliëntebasis bestaan uit klein tot medium grootte besighede wat verspreid is regoor Suid-Afrika, asook in die buiteland. Ons doel is om ons kliënte met uitstekende dienslewering by te staan, terwyl ons eie persooneelontwikkeling ook ‘n prioriteit is.

Ons produk en diensreeks is aangepas om by elke kliënt se individuele behoeftes te pas. Dit sluit in: ouditkunde, finansiële state, belastingdienste, statutêre dienste, maandelikse state om kontantvloei te bestuur. Finansiële sagteware pakkette en oplossings, ‘Cock pit’-bestuur en verslagdoening aan bestuur. Ons gee leiding oor winsgewendheid, kontantvloei en die uitbreiding van bestaande besighede. Resident accountant – ons kliënt rekeningkundige-program word gesinkroniseer met ons stelsel om daaglikse, weeklikse en maandelikse finansiële state op datum te hou.


Wat maak ons anders

Ons maak gebruik van gesofistikeerde tegnologie in die firma en woon gereeld webinare en seminare by om te verbeter en personeel dinamies te ontwikkel. Ons streef daarna om ʼn papierlose firma te wees en sodoene die vloei van besigheid te verbeter.

Ons het ʼn gevestigde kliëntebasis met sterk kliëntverhoudings en ons streef na uitmuntende gehalte dienslewering. Ons is ʼn doelgedrewe firma met ʼn sosiale en vriendelike omgewing – waar kollegas vriende word!

“We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.”

– Aristotle

Dienste aangebied

Ons het ‘n professionele, dinamiese span wat elk ‘n persoonlike diens aan elke kliënt bied. Ons dienste is van die hoogste gehalte en standaard en integriteit kom nooit in gedrang nie. Ons het ʼn gevestigde kliëntebasis en bou verhoudings met ons kliënte.

Ons het ʼn gevestigde kliëntebasis en bou verhoudings met ons kliënte.

Rekeningkunde
100%
Belasting
100%
Oudit
100%
Ander Dienste
100%